Die engel en die bont bees

Die engel en die bont bees

AfrikaansEbook
Roux, Johnita le
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781415205884
Available online
€10.04
Common price €11.15
Discount 10%
pc

Available formats

Detailed information

“Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk.”
Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reënmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om ’n oorlede vrou se as te bêre waar ’n groot vloed dit sal meesleur. “Weg … see toe.”
Susara Vermeulen, ’n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na ’n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het.
Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheid
in Afrika.
Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: “Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. Só word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux.”

EAN 9781415205884
ISBN 1415205884
Binding Ebook
Publisher Penguin Random House South Africa
Publication date June 4, 2014
Pages 496
Language Afrikaans
Authors Roux, Johnita le