Ek was hier

Ek was hier

AfrikaansEbook
Rooyen, Nanette van
LAPA Publishers
EAN: 9780799358209
Available online
€10.04
Common price €11.15
Discount 10%
pc

Available formats

Detailed information

Frankie se gesin is anders. Behalwe dat haar pa soos Atilla die Hun lyk, met sy wilde hare en harige voorarms, kom hy van Vlaandere en hy praat nog steeds Nederlands – en soms ’n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met ’n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma, weer, het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. Dis waarom sy lensies eet en V8-groentesap drink. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. En sy wonder oor Milan, wat van Pole af kom - die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Sy mond glimlag altyd, maar sy oë wonder altyd. Hy is ’n wiskunde-onderwyser wat elke dag ’n swartraambril en ’n strikdassie dra. Min mense sal vermoed dat hy ’n swart gordel in judo het. Milan se ma is weg toe hy ongeveer twee jaar oud was. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het ...
EAN 9780799358209
ISBN 0799358207
Binding Ebook
Publisher LAPA Publishers
Publication date January 7, 2013
Language Afrikaans
Authors Rooyen, Nanette van