Japtrap-braai

Japtrap-braai

AfrikaansEbook
Biller, Hilary
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781432301200
Available online
€7.53
Common price €8.36
Discount 10%
pc

Available formats

Detailed information

Die braai is sonder twyfel dié gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Enige geleentheid – van geesbou tot ’n belangrike rugby-, sokker-, of krieketwedstryde, tot verjaardae en langnaweke, of net ’n blaaskans ná ’n uitputtende week – het nie ’n tweede uitnodiging nodig om familie en vriende vir ’n braai bymekaar te kry nie. As dit boonop moeiteloos, met die smaaklikste kos kan gebeur, is dit eenvoudig perfek.
Hilary Biler maak die voorbereiding van kos tydens ’n braai so eenvoudig moontlik. Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie – die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die ingeboude houtskool/hout-braai. Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap-instruksies weergegee.
Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur – beesvleis, lamsvleis, varkvleis, hoender, vis, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en nageregte, elkeen met foto’s om jou eetlus aan te wakker. Al wat jy benodig, is jou voorskoot en ’n braaitang …

EAN 9781432301200
ISBN 1432301209
Binding Ebook
Publisher Penguin Random House South Africa
Publication date October 4, 2012
Pages 160
Language Afrikaans
Authors Biller, Hilary